Ek het my hart gebou met bakstene van stilte en half-gesê. Toe kom jy met lag soos reën op sink ek het begin oopmaak. Ek het jou laat sit op die vloer van my gedagtes jy’t nie verdwaal nie. Ons was twee messe wat sag probeer sny het sonder om seer te maak. Jy’t my geleer hoe om alleen asem te haal sonder verskoning. Ek het vir jou my geheime geverf op die mure van my lyf. Jy’t geluister soos iemand wat weet hoe min woorde waarlik kos. Maar jy’t tog gegaan sonder drama, sonder chaos met hande wat my reeds vergeet het. My trane val maar lig elkeen sement wat drup in die nuwe fondasie. Ek het vergeet van breek toe aanbeweeg na ’n sterker vorm. Nou dra ek weer bakstene maar hierdie keer bou ek ’n huis.


