Song Cover Image

Stap saam met my.

kom kleef soos die see en sy sout aan my, waarom stap jy alleen? stap saam met my stap, saam met my tot by die duin van geluk, met jou linkerhand in my gatsak gedruk kom stap nuwe spore saam met my in die sand, hou die breek van die branders aan jou regter kant O,...stap, stap saam met my... jy vir altyd by my, ek jou na more, se vreugde toe lei. O,...stap, stap saam met my... hang jou hare los vir die wind om mee te speel, jy het lankal al my hart gesteel rol jou jean se pype kort, hang jou liefde in my hart en skryf ons name in die sand voor dit skemer word gee jou kommer vir die laagwater merk, vir die gety om dit die dieptes in te trek O,...stap, stap saam met my... jy vir altyd by my, ek jou na more, se vreugde toe lei. O,...stap, stap saam met my... saam met my langs die vlak van die see, waar die skuimende water gister se seer weg vee. stap saam met my... tot waar die son sak en die pad sy einde kry net ons drie, liefde, ek en jy. ek en my skaduwee jou teen die son vergesel, in die wind sweef 'n seemeeu en sy metgesel O,...stap, stap saam met my... jy vir altyd by my, ek jou na more, se vreugde toe lei. O,...stap, stap saam met my...