
So Begin Die Aand
+ Show full styles
V5.5
So begin die aand na yster ruik 'n Verdwaalde pit spat later, 'n Hoes 'n Sluk koue koffie En die nuwe reën begin aanmaak Daar is genius in die design Iets verslawend in die gemak Waarin ons once upon a time in mekaar kon pas Skielik 'n flits Vreemde tuin verlig vir 'n sekonde Voor die onweer begin mompel En ons twee weer voor my oë van mekaar afskil Ontrafel, dadelik deurdrenk Reënwange, toe oë, nat vel As ek alleen in 'n tuin Sit en onthou En nou drom die reën om my saam Ek gooi my oë na die wolke en skree Ek weet nie of dit my naam Of joune was nie

