
die groot ou son loer oor die rand en sy oë’s nog half toe van die sandman se sand en die maan word al dowwer met ‘n luilekker gaap en verdwyn met sy mus om soet te gaan slaap en die dou klou so al aan die stingeltjies vas en elke ou goggatjie kruip uitsy kas en ´n vet ou pofadder seil oor die pad en die mossie-gesin sing terwyl hulle bad o wie kan dan twyfel, wie kan dit ontken as God jou naam fluister in ´n voëltjie se stem wat kan jou hinder, wat kan jou pla as God tiekkiedraai oor Afrika as God tiekkiedraai oor Afrika as God tiekkiedraai oor Afrika daar op die vlakte draai ´n ou windpomp wiel wat grou vir water soos ´n dorstige siel al is daar ook niks en al is dit so droog is daar ´n blik van belofte in die ou boer se oog die krag van sy glo straal op sy gesig en hy glimlag tevrede vir die donderweer lug en hy bring elke drom, elke bak, elke kan hy´t gegee, hy´t gesaai, nou gaan hy ontvang o hoekom dan huil, hoekom dan weën as God se trou val soos emmers vol seën wat kan jou hinder, wat kan jou pla as God tiekkiedraai oor Afrika as God tiekkiedraai oor Afrika as God tiekkiedraai oor Afrika

