
Daar was eendag ‘n oom in ‘n boom Maar dit was nie sommer enige oom nie En ook nie sommer enige boom nie Die oom in die boom was baie naar Hy was ‘n tollenaar (amper soos ‘n towenaar, net erger) Hy het onskuldige mense se geld laat verdwyn, en dan het dit sommer die volgende dag in sy beursie verskyn Maar hoekom sit die oom in die boom? Die oom in die boom was moeg Moeg geskarrel, moeg gesteel, moeg gejok En hy was kort ook: Kort van postuur, kort van humeur, kort van draad Elke kort-kort waas daar alweer iets kort Dan het hy gesnort van woede (Die mense het gepraat van die “Kort Snort”) Al was hy ‘n kort snort het hy baie vriende gehad, want hy het baie geld gehad, en baie mense was bang vir hom Klomp baie bang vriende Maar hoekom sit die oom in die boom? Die oom in die boom was nuuskierig Hy wou altyd alles van almal af weet Hy wou altyd sy vinger op alles hou Sy ore was permanent teen deure gedruk, Sy oë permanent in gate, en sy neus gereeld in ander se sak(k)e Hy wou altyd méér weet, altyd méér hê ‘n Regte nuuskierige agie Net soos ‘n apie sou hy letterlik oor ‘n muur klouter om iets nuuts uit te vis Wegkruip in vaatjies, klouter in kaste… of klim in bome Maar hoekom sit die oom in die boom? Die oom in die boom het alweer ‘n storie gehoor En, hy het nie eers afgeluister nie, dit was sommer voordiehandliggend Hy het gehoor van ‘n man wat orals opspraak gewek het Wat dooies opwek Wat ames armermaak 50 En rykes ryker (dit het hy buite konteks feestelik opgetel) En, díe man was oppad na sy dorp toe Hy het ‘n plannetjie begin beraam om die kat goed uit die boom te kyk Maar die dag was dit almal se plan Almal was nuuskierig Almal was kort van draad Almal het gewonder oor wat hulle gehoor het En álmal was daar. ALMAL! So vroeg, en so veel, dat die oom in die boom moes klim Net om te kon sien Maar iemand het hóm raakgesien En hom nie net gesien nie, maar geroep En nie net geroep nie, maar aanvaar En na sy huis gegaan, sy kos geëet, sy wyn gedrink Vir sy grappies gelag, sy bitterheid verstaan Sy sonde vergewe En hom ryker gemaak as wat hy ooit was. Nou jy: Gaan soek ‘n boom.

