
[Verse 1] -hier is ek die Gecko man -elke nag se middel uur na jou verlang -hier is ek en wil dit stuur -letters uit die lug gevang -woorde draai, 'n mot om my kers se vlam -my sinne gelouter in vuur -was wat drup en stadig stol -O, my lief die middernag se uur -skryf ek die bladsy vol -jou hart se deur het oop gegaan -buite skyn 'n helder maan [chorus] -binne my spook dit jy, -jou skaduwee dans deur my -skryf dit neer my lief -skryf dit in 'n liefdes brief [verse2] -elke nag se middel uur dans jy in my hart se gang -teen die muur stap die klok, tik-tak met stewels aan -deur die stilte waar ek vir jou die woordjies vang -my pen n pad na jou toe baan -jy druis in my soos 'n waterval -soet was jou soen soos nastergal -hier is ek die Gecko man [chorus] binne my spook dit jy, jou skaduwee dans deur my skryf dit neer my lief skryf dit in 'n liefdes brief [bridge] die vlam se flikker die nag om koop uitgebrand my kersie lank vat my hand na Klaasvakie land [Final chorus] binne my spook dit jy, Jou skaduwee dans deur my kryf jou woorde en sê dit weer vir my, my lief, my lief ek't jou so baie lief [outro] elke nag se middel uur hier is ek en wil dit stuur elke nag dit vas gevang hier is ek die Gecko man

