Song Cover Image

Kerk Surfer (Afrikaans v.5)

Ek is moeg vir kerk ek is gedaan ek's keelvol heen en weer geslaan Ek kan kots van eN Gee gesang En die karismatics maak my bang Wat moet ek doen, waar kan ek soek? Wat van daai nuwe kerk daar op die hoek? Bekering, Ontbering, Verswering, Vernedering Waar sal ek die volmaakte kerk kry? Ek's Kerksurfer, nie Lucifer! Ek loer net in vir aanmoediging Ek's Kerksurfer, nie Lucifer! ek loer net in vir aanmoediging Verkose, Hipnose, Psigose, Trombose Gebore, Verlore, Beskore, Laat Spore Sedig, en Ledig, Stewig en Nederig Eindig, Pynlik, Veilig en Heilig Waar sal ek tog die beste kerk kry? Ek's Kerksurfer, nie Lucifer! Ek loer net in vir aanmoediging Ek's Kerksurfer, nie Lucifer! ek loer net in vir aanmoediging lets iewerste voel net nie pluis nie Nêrens lyk my voel ek tuis nie Almal orals maak my mal Vanuit die sloot DOEF innie wal! (Toe hoor ek 'n klein stemmetjie:) Daar is nie 'n perfekte kerk nie Niemand is perfek nie, dis net nie hoe dit werk nie Jy wil net ontvang en is te bang om te gee Van jouself ou neef, o nee, o nee! Bid vir die stinkes, die blindes en drinkers Vergewe die leiers, die luies en stryers Gee om vir die dooies, die floues en oues Huil met die wittes, die swartes, die bloues Omarm die kortes, die kleines, die fynes Druk die grotes, die vettes, die lompes, die luies Eet met die rykes, die armes, die dommes Stap ‘n pad met die lammes, die langes en krommes Sing saam met die saaies, die paaiers, lawaaiers Dans met die liars, die criers en naaiers!