
ek het nie ‘n stoel om te sit nie nie die geloof om te bid nie nie magie in die hand nie of messias-voetspore in die sand nie nie die flair om te skryf nie geen krag meer in my lyf nie geen antwoorde in my kop nie geen engel wat my stop nie ‘sshh’, fluister! ek hoor stemme in die duister en spoke by die venster wat saggies sug en fluister kan iemand nie my siel red nie? en my wek uit my doodsbed nie? my hande is vuil en my oë uitgehuil hoeveel keer moet ek nog fail? is daar ‘n lig wat op my sal skyn? waar is waarheid, ‘n vernuwe brein? is daar ‘n spel wat ek kan wen? is daar ‘n God wat ek kan ken? daar draai die wiel wat my gees vaskluister ek is ook maar net nog ‘n siel wat saggies sug en fluister fluister... fluister... fluister... fluister...


