Song Cover Image

Genade Langs Die Pad

V5.5

Ek stap vanmôre stadig, met koffie in my hand. Die son breek deur die donker, oor elke stukkie land. Toe sien ek langs die grondpad, waar niemand ooit iets vra, 'n mooi ry pienk kosmosblomme... net daar waar mense gedagtes dra. --- Niemand het hul geplant nie. Niemand het hul versorg. Niemand het hul water gegee deur gister of vandag se môre sorg. En tog staan hulle glimlaggend, sonder trots of groot lawaai. Net stil getuies van genade wat God langs paaie saai. --- Kosmos is genadeblomme, deur die Hemel self geplant. Nie verdien met mens se moeite, maar geskenk deur Vaderhand. As die lewe swaar begin raak, en jou hoop voel amper klaar... Kyk net langs die stofpad, my mens... God was lankal reeds daar. --- Ons jaag so baie drome, ons hardloop heeltyd voort. Terwyl die grootste wonder stil langs die pad behoort. Want genade vra nie rede. Genade hou nie boek. Sy vind jou waar jy stukkend is, voor jy eers begin soek. --- Elke blom fluister saggies: "Jy hoef nie alles te verstaan. Die God wat veldblomme aantrek, sal ook saam met jóú bly staan." --- Kosmos is genadeblomme, elke blom 'n sagte lied. Selfs wanneer jy niks kan aanbied, gee die Here wat jy nie verdien dit verniet. So as môre weer te swaar raak, en jou hart wil moed opgee... Kyk net langs die pad, my vriend... daar stap Sy genade mee. --- "Van God se grootste wonderwerke groei nie in tuine nie... hulle groei langs die pad... sodat almal wat verbyloop kan onthou: Genade hoef nie verdien te word....God gee dit verniet" Pinoks.