Song Cover Image

👌Stukkende Goedjies

[Intro: heart felt warm and sincere] -jou stukkende goedjies, my lief bring dit alles net vir my -kom staan hier teen my toegevou, in my jas -ek my liefde, vir jou kan meet en pas -sit jou vrou wees op die werksbank van my hart -en leun jou kop teen my bors en gee vir my jou smart [chorus:] -nie meer nooit weer alleen nie -nooit, nooit weer, nie weet waar heen nie -nie meer, nie weet wie om op te leun nie -My lief, jy vir altyd, en nie net geleen nie [verse 1] -vir deur getrapte skoene sny ek, nuwe sole, en 'n arm vol rose, vir jou met baie soene -met draad en 'n stukkie leer, -bind ek die lekkende seer, -waar trane swart strepies oor jou wange smeer [chorus:] -nie meer nooit weer alleen nie -nooit, nooit weer, nie weet waar heen nie -nie meer, nie weet wie om op te leun nie -my lief, jy vir altyd, en nie net geleen nie [verse 2] -ek hammer 'n spyker in, waar jy die foto's, van ons kinders hang -en klop jou hart se duike uit, gister se vrese, en vandag, se bang -met verf het ek 'n nuwe kleur aan die huis gegee -en die vaal streep van jou kommer weg gevee -takke gesaag sodat daar meer lig kan wees. -vir jou om in die sonkamer jou boek te lees [chorus:] -nie meer nooit weer alleen nie -nooit, nooit weer, nie weet waar heen nie -nie meer, nie weet wie om op te leun nie -my lief, jy vir altyd, en nie net geleen nie [bridge] -in die donker spasies van jou hart het jy my toegelaat, om jou weer heel te maak -ek het die stukkies van jou lewe in my bors ingepas -en jy het die skerwe van my lewe, weer aanmekaar gelas [outro] bring, jou stukkende, goedjies ek maak dit reg, bring, dit alles net vir my, ...my lief alles is nou weer reg, die spook in die gang is ook nou weg... alles is nou, weer reg alles is nou weer reg