ek mis my neef, Andries, sy gees, sy wysheid wat my siel op dreef ek mis sy woorde sy dieppe denke sy teologie sy wyse wenke hy't gelag vir my simpelgede hy't my verstaan my berus met rede ek mis hom onthou soos nou-die-dag Andries se riffel tandjies hy kon so lekker lag hoeveel keer het ek nie by hom gehuil nie sondes bely maar niks was vir hom te vuil nie al het my oog geloof verloor het ek God deur hom gehoor "die lewe is 'n lied, my neef!" het Andries altyd gesê "jy moet dit net sing, dis al wat God wil hê"