
# DIE HUIS ONTHOU Ek ry verby ons ou huis, die hoë mure hou my terug. Maar diep binne-in my, leef dae van geluk. Ma roer in die pot, ons hardloop deur die gang. Party dae baklei ons, ander dae lag ons lank. Die musiek speel hard, ons dans soos net ons kan. Ons gooi klippies oor die dak, en swem tot laat die aand. Ons het gedink dit hou, die dae sou nooit vergaan. Maar jare het verbygegaan, tog bly die herinnering staan. Die huis onthou, al het ons vergeet, die lag om die tafel, die trane, die leed. Die voetstappe diep in die gang, die stemme wat weerklink het, die hele dag lank. En al het die jare ons ver laat gaan, bly iets van ons hier tussen die mure staan. Want mense vertrek en die tyd loop nou, maar die huis, my ou huis, onthou. Die mure is nou hoog, die wêreld het verander. Maar as ek daar verbygaan, hoor ek ons lag nog helder. Ons was wild en vry, met drome sonder end. Ons het nie geweet hoe vinnig tyd verdwyn. Ek kan nie teruggaan, na daardie dae nie. Maar alles wat ons was, bly hier binne my. Waarheen my paaie draai, wat die lewe ook wou, dra ek altyd saam die liefde van ons huis. Die huis onthou, al het ons vergeet, die lag om die tafel, die trane, die leed. Die voetstappe diep in die gang, die stemme wat weerklink het, die hele dag lank. En al het die jare ons ver laat gaan, bly iets van ons hier tussen die mure staan. Want mense vertrek en die tyd loop nou, maar die huis, my ou huis, onthou. Ek ry verby ons ou huis, die mure is hoog. Die huis onthou … en ek onthou.

