
So is ‘n huis sonder ‘n vrou Met tyd het mot en roes dit kom oorneem nou Teen daardie muur het ‘n foto gehang van jou my lief Fluister weer vir my en sê dit sal okei wees seblief Stil is die potte en panne, die geklingel in die kombuis Hier het ons aan ‘n more gebou die s ons plaashuis nou Op die stoep het ons gesit en kyk na ‘n rooi son wat sak In gietende reën het druppels gedans op die ou sinkdak Met my hande en jou voete het ons die klei gemeng Elke steen gevorm en die huis se mure verleng ‘n Kroos van vyf dogters is hier uit jou gebore En met die koms van ons seun het ek jul albei verlore Sonder jou het dit opgehou reën Voorspoed het gekwyn tot die Here se seën Ek het hard probeer en oral geleen Maar die dag het gekom die bank dit kom terug geneem. O... die dag het gekom. die bank dit kom terug geneem.

