Song Cover Image

Die Oom

V5.5

DIE BEDELAAR Ek het hom vandag by die hoek gesien. 'n Stuk karton in sy hand ontbloot sy siel. 'n Beker voor sy voete. Mense ry verby sonder enige groete. Hulle het weg gekyk. Ander het gemaak of hulle hom kan ruik. Ander het hom vermy soos n mes wat sy naam weg sny. En ek het gewonder... Wie is hierdie man? Watter pad het hom hierheen gely. --- Was hy ooit 'n pa? Is hy n veteraan? Het hy sy vrou begrawe? Het sy kinders hom net laat gaan? Het die verslawing gekom ná die pyn... en nie voor sy kwyn? Was hy eens die man wat altyd daar was met n plan wanneer iemand anders gesit het sonder n vlam --- Want niemand droom daarvan om op 'n hoek te eindig moeg en lam Niemand sê as n kind: "Wanneer ek groot is, hoop ek die wêreld vergeet my en nie meer nodig." Die lewe gebeur. Hartseer gebeur. Begrafnisse gebeur. Verlies gebeur. En soms... breek mense oor erge seer --- Almal sien die kartonbord. Niemand vra oor die gebroke hart en leë kos bord wat het van hom geword. Almal sien die ruwe baard. Die verslete skoene. Die hande wat bewe. Maar niemand sien Sy vyande in sy lewe net om nog 'n dag deur te kom sonder dat mense vir hom grom. --- Ons sien die vuil op sy klere, maar nooit die letsels op sy siel vol verlore ere. Ons sien 'n bedelaar op die hoek... God sien steeds 'n seun sonder n vloek --- Miskien het hy huise gebou. Miskien het hy ander se lewens herbou. Miskien het hy dubbel skofte gewerk Miskien was daar 'n tyd toe klein armpies om sy nek vasbyt en hom Pa genoem. Miskien was daar 'n vrou wat haar lewe nie sonder hom kon aanskou. Miskien staan daar nog êrens 'n ou familiefoto. Besig om stof op te gaar. Soos die herinneringe verby vaar --- Die wêreld noem hom 'n bedelaar. God noem hom op sy naam. --- En hier is die waarheid wat meeste van ons nie wil hoor... Een slegte jaar. Een verkeerde besluit. Een tragedie. Een bottel. Een begrafnis. Een egskeiding. Dis soms al wat tussen hom... en my staan. --- So voor jy oordeel... voor jy lag... voor jy weg kyk... onthou net dit: Die man op die hoek is iemand se kind. Iemand se pa. Iemand se man. Iemand se vriend. Iemand se vergete storie nog opsoek --- En dalk is die grootste tragedie nie dat hy daar staan. Dalk is dit dat ons so besig geraak en nie verstaan dat ons nie meer die mens agter die kartonbord sien en wat hy werlik verdien. --- Ons sien die vuil op sy klere, maar nooit die letsels op sy siel gebêre. Ons sien 'n bedelaar op die hoek... God sien steeds 'n seun sonder n vloek En dalk... is dit presies hoe ons hom ook moet sien en soek. 🎤 Pinoks