
ek het jou verloor in asteroïede-gedrommel vergeet in die melkweg se geskommel my enigste hoop is jou liefde gryp my, red my uit hierdie draaikolk red my vanuit hierdie swart gat soek my ligjare weg van die oerknal se lig hou my vas soos die aarde die maan in sy wentelbaan trek my nader nader as die naaste ster wys my hoe wonderlik, hoe naby en ver liefde kan wees wat my alwetende wetenskap nie kan verduidelik nie

