my oupa het gesê 'n man huil net by 'n begrafnis toe staan ek by syne en voel niks die dominee praat van genade maar ek sien net die pad terug grond toe ek het my hande vol en rou van vashou aan dit wat wil gaan van bottels wat sê hulle is medisyne en mense wat sê hulle bly ek's gebou uit stof en bloed ek's gebreek maar ek's nog hier vat my dronk, vat my stukkend ek kom altyd weer huis toe ek kom altyd weer huis toe die karoo het my niks belowe nie en daarom het sy nooit gelieg nie ek het meer geleer op 'n leë pad as by 'n man met 'n bybel en 'n das my ma se hande het gebewe maar haar gebede het nie en êrens in die nag tussen drank en lig hoor ek haar nog na my roep ek's gebou uit stof en bloed ek's gebreek maar ek's nog hier vat my dronk, vat my stukkend ek kom altyd weer huis toe ek kom altyd weer huis toe ek het die duiwel in die oë gekyk hy't met my eie stem gepraat ons het besluit: nie vanaand nie nie vanaand nie nie vannag nie ek's gebou uit stof en bloed ek's gebreek maar ek's nog hier vat my alles, vat my naam ek kom altyd weer huis toe ek kom altyd weer huis toe ek kom altyd weer huis toe