
(en toe wou ons weet hoekom) ons het die huis gaan oopmaak om te kyk ons het die vloerplanke opgelig, een vir een ons het die roes gekrap tot op die metaal en onder die metaal was net meer metaal en verder onder was niks wat 'n antwoord kon wees nie ek het die bande teruggespeel, stadiger elke keer tot die stemme in die kamer klank geword het tot die klank net vorm was tot die vorm net ruis en iewers daarin sit die rede maar dit lê te diep in die band en niemand het gesê nie en niks het dit verklaar nie dit het net begin gebeur soos weer wat kom en ons het aangehou woon en ons het aangehou woon in 'n huis wat nie meer kan sluit nie ek het gedink daar's 'n dag wat ek kan uitwys 'n eerste skeur, 'n eerste woord, 'n eerste keer maar dit was al klaar in die gang toe ek gebore is dit was in die pleister, dit was in die bloed dit was in die musiek wat aangehou speel het in die leë gang en die vensters draai en die water styg en die kind sit nog op die trap en die musiek bly apaties en die ligte bly aan en die ligte bly aan en niemand kom kamer toe nie en niemand het gesê nie en niks het dit verklaar nie en ek het opgehou vra êrens langs die pad omdat ek nie kan weet nie omdat ek nie mag weet nie omdat ek moeg is om te kyk dis nie 'n antwoord nie dis nie 'n antwoord nie dis waar ons opgehou het en die res en die res en die res

