Song Cover Image

Vrees (Rock Pop)

ek staan op die stofpad 'n duusend myle vêr weet waar ek vandaan kom ek hoor ‘n swart skaap blêr ek staan by die grens vlug vir die gereg daar’s bloed op my hande en my gewete rus maar sleg maar Hy is daar en sal altyd daar wees ja Hy is daar al verknog ek in my vlees ek staan by die kruispad skouers onder klip son en sonde brand op ‘n droë siel se lip ek staan op ‘n doringdraad sonder skoene met ‘n sool en die duiwel lek sy lippe af en pak sy graaf met kool maar Hy is daar en sal altyd daar wees ja Hy is daar al verdrink ek in my vrees ek’s ‘n kruis tussen ‘n Filistyn en Johannes die Doper my voette is van klei en my bo-bene van koper ek staan voor ‘n besluit sing siembamba vir die dood ek bloei in my skaamte soos ‘n afgesnyde Jood maar Hy is daar en sal altyd daar wees ja Hy is daar ek voel hom in my gees!