
Die wind streel oor velde van groen Dit sing van als wat U vir my doen Hier kan ek rus en veilig wees In die teenwoordigheid van U gees U is my herder, U is my gasheer As ek afdwaal dan vind U my weer By U ervaar ek vrede in my siel Laat elke kop buig en voor U kniel Die water dans om rotse so sterk Dit vertel van hoe U krag werk Hier kan ek heeldag dans en sing Vry wees en net eer aan U bring U is my herder, U is my gasheer As ek afdwaal dan vind U my weer By U ervaar ek vrede in my siel Laat elke kop buig en voor U kniel By U tafel is daar oorvloed By U tafel loop my beker oor By U tafel hou ons fees By U tafel ontvang ek seën U is my herder, U is my gasheer As ek afdwaal dan vind U my weer By U ervaar ek vrede in my siel Laat elke kop buig en voor U kniel Goedheid en guns volg my elke dag En ek loof die Heer, Hy gee my krag In Sy huis sal ek vir ewig bly Oh hoe wonderlik is Hy In velde van groen kan ek rus Oh hoe wonderlik is Hy In donkerte is Hy die veilige lig Oh hoe wonderlik is Hy Vir ewig en altyd by Hom bly Oh hoe wonderlik is Hy Velde van groen

