daar's 'n plek wat net ek van weet waar jy kan kom sit en van als vergeet die vuur brand warm by my is jou hart vol koud, kom sit by my die vuur brand warm in my het jou hart 'n plek vir my kom sit by my vat my hand uitgesteek na jou, ek wil dat jy, jy dit saam met my aanskou die vuur se winters dans, die vlamme in geel en blou die vuur brand warm by my is jou hart vol koud, kom sit by my die kole, sterretjies, die melkweg in stuur tyd, die donker vas bind, en rook, die lug in stuur ek wil die lief, en die leed, meer en meer van jou weet en die strepies in die palm van jou hand meet die vuur brand warm in my het jou hart 'n plek vir my kom sit by my ek wil vir jou gister se sleg en die drake in jou gedagtes veg en saam met jou die vuur in staar en nuwe drome vleg met die wit, van die as, vryf ek die grys, in die baard van my ken. en sit ek wysheid in woorde, om op papier vas te pen die vuur brand warm by my is jou hart vol koud, kom sit by my die vuur brand warm in my het jou hart 'n plek vir my kom sit by my O, jy, jy brand warm hier binne my my rykdom, die vuur en jy, jy hier by my