
Wie weet (Remastered)
wie weet, waar het die son sy skaduwee vergeet Weet jy, hoe die liefde jou hart in my bors pas en meet wie weet, wie weet, net ek en jy, net ek en jy wie weet, wat is die adres van die man op die maan weet jy, hoe jou knipoog en kyk vir my, deur my gedagtes gaan wie weet, wie weet, net ek en jy, net ek en jy wie weet, hoe komete strepies trek deur die melkweg weet jy, hoe papier my pen laat bloei, 'n pad vir jou oopveg wie weet, wie weet, net ek en jy, net ek en jy wie weet, hoe sterre flikker wat hoog aan die hemelruim hang weet jy, my lief, hoe ek dagdroom en na jou verlang wie weet, wie weet, net ek en jy, net ek en jy wie weet, hoe die aarde met sy kontinente en oseane, draai om sy eie as weet jy, hoe netjies jou alles, so mooi in my ribbekas inpas wie weet, wie weet, net ek en jy, net ek en jy, hoe die liefde ons bymekaar gekry

