
Verse 1 -dit het begin die dag toe ek vir jou die ring, bo op my blikkiebier, in 'n brief aan stuur -jy jou woonstel in die stad verkoop en -die swartpad volg, tot by die stofpad en -die plaas "klipbank" se afdraai -in jou tas het jy jou alles gepak, met dit en dat, en jou hart vol liefde wat brand soos vuur Chorus jy het my brief gelees ons harte kan nie alleen wees jy het gehou van my blikkiering en jouself vir my gebring met jou stukkende tuinskoene en gelapte hoed het jy deel geword van al my goed Verse 2: -jy het by my, in die ou sandsteenhuis kom intrek -met die hout-stoof-kombuis, leë kamers en 'n groot vertrek -met jou, by my, is daar niks wat ek meer kort, -my gemoed en die spens se rakke, het weer vol geword. Chorus: jy het my brief gelees ons harte kan nie alleen wees jy het gehou van my blikkiering en jouself vir my gebring met jou stukkende tuinskoene en gelapte hoed het jy deel geword van al my goed Verse 3 -kyk my lief, die windpomp het weer begin draai -en sy gesig, die wind in geswaai -hier het 'n nuwe lewe begin vir jou en my, -kinders lag op die wipplank en ketting swaai Bridge: -ek het die naam "Blikkies" gekies vir ons nuwe hond 'n Boerboel -jou kat volg die son by die vensterbank en lê uitgestrek op elke stoel -Floors, die papegaai, klink soos ek, as hy na jou roep -saam klink ons 'n glasie rooiwyn op die stoep Final verse 4 -in 'n donker wolk teken die weerlig prentjies, vir jou en my -groot druppels reën val uit die hemel om die geploegde grond te seën -kom sit hier styf teen my, en gooi jou voete oor my been Final Chorus jy het my brief gelees harte kan nie alleen wees jy het gehou van my blikkiering en jouself vir my gebring met jou stukkende tuinskoene en gelapte hoed. het jy deel geword van al my goed. Outro -O, jy my lief, het gehou van my blikkiering jouself vir my gebring met al jou goete en dinge -stukkende tuinskoene en gelapte hoed, -jy het deel geword, van my, en al my goed. Mmmm

