
Om 'jou hart vir Jesus te gee' gaan nie jou hart verander nie. Dit is _meer_ as net gee. Dit is ook oorgee. Dit is ook omgee. Die enigste 'gee' waarvan Jesus nie gehou het nie was 'voorgee'. Daar is net twee tiepe _gee's_: Oorgee en Omgee Oorgee vir God. Oorgee vir die mens. Jy kan nie een doen en nie die ander nie. Altwee is ewe belangrik. Die lewe is nie swart of wit nie. Die lewe is oorgee en omgee. Om 'jou hart vir Jesus te gee' maar dit nie vir die wêreld te gee nie, is soos om 'n geskenk aan iemand anders te wil gee, maar dit bly in jou hande. jou hart jou geskenk jou bedoeling dit is mooi, maar as jy dit nie weggee nie, bly dit net 'n bedoeling As jy vir God soek, gaan soek hom by die ashoop. Jy sal God daar vind. God wil jou red uit jou ashoop. Maar eers moet jy God red uit sy ashoop. God lê vergete op die ashoop. Niemand vind God nie, want hy lewe vergete op die ashoop Dit is waar God woon: op die ashoop Hy stink, hy is kreupel, hy is 'honger. Sy naam is Gert. Haar naam is Mahlathle. Sy naam is skelwoorde: Kaffer. Domkop. Hoer.

