[Afrikaans] [Intro][Wistle] [Verse 1] Ken jy die land waar die Boerevolk woon? Land met sy berge, terrasse gekroon, land met sy ruimte so wyd en so vry? Ai, dis die land, dis die wêreld vir my! [REFREIN] Ken jy die land? Ken jy die land? Ken jy die land waar die Boerevolk woon? Ken jy die land waar die Boerevolk woon? Ai, dis die land, dis die wêreld vir my! [Verse 2] Ken jy die land waar die springbokke bly; land met sy troppe, sy kuddes aan wei, Land met sy gasvrye wonings daarby? Ai, dis die land, dis die wêreld vir my! [REFREIN] Ken jy die land? Ken jy die land? Ken jy die land waar die Boerevolk woon? Ken jy die land waar die Boerevolk woon? Ai, dis die land, dis die wêreld vir my! [Verse 3] Ken jy die land met sy sonlig, sy veld: Land met sy spore van Voortrekkerheld, land met sy stemme, diep stemme wat vra? Ai, dis die land, dis my Suid-Afrika! [REFREIN] Ken jy die land? Ken jy die land? Ken jy die land waar die Boerevolk woon? Ken jy die land waar die Boerevolk woon? Ai, dis die land, dis die wêreld vir my!