
Pille, Brille en Gille
PILLE, BRILLE EN GILLE Ek onthou nog die dae toe ek oor drade kon spring sonder om eers n gebed te bring. Nou staan ek eers stil... kyk na die draad... en wonder of is dit van goeie raad. Ek het eens wakker geword en gevoel soos 'n jong bul. Nou word ek wakker en klink soos 'n sak vol popcorn wat gil. Knieë kraak. Rug klik. Nek raas soos n leë blik. En elke oggend begin met dieselfde besluite: "Waar's my brille?" Sonder hulle is my oë sonder feite. My bedkassie lyk soos n apteek Een pil vir die hart. Een vir die suiker. Een vir die druk. En een pil waaraan ek amper stik. Dan kom die gille. Daardie klein geluide wat sommer uit jou mond spring en klink soos onheilige stryde. Niemand weet hoekom nie. Dis maar hoe oues deesdae beweeg Soos ou vetkoek deeg Maar weet jy wat? Ek sal niks terug vat. Want elke pil vertel van 'n pad. Elke bril wys vir my dinge voor ek gril. En elke gil bewys ek is nog nie n nul. Nog asem. Nog koffie. Nog n son wat op kom. Nog tyd om die hond te krap en die wêreld plat te trap. Want die geheim van oud word is nie om jonk te bly maar jou lewe se song te kry Dis om dankbaar te wees vir die pille, die brille en die gille. 🎤 Pinoks

