
Ouma weet nie meer nie Ouma is moeg Oupa is dood daar’s niemand om te ploeg die koeie moet gemelk word en die biltong kort sout die windpomp moet gefix word maar Ouma is te oud Ouma weet nie meer nie Ouma is nou moeg vir sukkel en aankarring om so voort te gaan en sloeg sy verkoop toe die ou plasie aan ‘n ryk jong Portugees en trek toe na Pretoria om by haar seun te wees maar haar seun was ‘n lui bliksem het niks geweet van werk en het aangelê by alles wat rok dra in die kerk sy’t gepleit en gesoebat sy’t geskree en gehuil maar hy’t haar gedwing om hom te was (hy was pervers, én vuil) Ouma weet nie meer nie sy kon hom nie bekeer so toe gaan sy na die gun shop en koop ‘n haelgeweer

