Hul gevra, vergroot dit nou, grondgebied vir hul verniet. O Heer, hoe nou die land op bou, sonder hulp sonder Jou! Ses van ons skarrel rond. Ses van ons werk die grond. Heer, bring die reën gee U seën dit vir ons hier als geleen. Gee genade Heer, gee dit weer ons wil dit van U af leer. Klein is ons en groot die oes. Kanker swart wat als verwoes! Op wit en swart is die grond verreken. Wie het dan die som bereken? Met bloed het ons dit als gebou! Die hek 'n nuwe naam op nou! Deur al die stof, aan U die lof. Uit 'n donker wolk, val 'n nat geplof. Voed die grond en maak gesond. Beginsels vas, op U gegrond.