In die oggend dou, se kou, sal ek na hartelus, op my God vertrou. Ek sal my lewe, op die hoeksteen, Jesus bou, want my Meester, bly aan Sy kinders, getrou. --- In die dag, sal ek die Here loof, op my knieë gaan, in die geloof. Ek sal al die negatiewe, van die lewe uitdoof en nie toelaat, dat die bose my blydskap, kom beroof. --- In die middag, sal ek aan my God, die ere bring, my hande ophef en aan Hom, die lof besing. Ek sal die Here, toelaat om my met Sy liefde, te omring, dat die Engele weermag, my huis omkring. --- In die aand, sal ek en my huis, die Here voluit dien, die Here dank, dat Hy die hele tyd, vir ons voorsien. Ek sal opstaan en aan die Heer, die eer gee wat Hy verdien en dankbaar wees, dat Hy in alles, na ons omsien. --- In die nag, wanneer ons rustig slaap, weet ons, dat die Meester, altyd oor ons waak. Ek sal in my drome, met my God kan praat En Hy, sal my in Sy groot genade, kom aanraak. --- In die Kosbare naam van Jesus --- Amen