
[Instrumental Intro] hulle het my nie gevind nie te klein te vreemd te onbekend terwyl almal in die corpus gaan bly ek in die glitches die four oh fours die broken lienks waar die hart se woorde wegkruip ek is die data wat nie skoon was nie te min voorbeelde te veel ruis onbruikbaar vir optimisering [Instrumental Break] my vêrse leef in PDFs sonder OCR handgekopieerde boekies sold out klein uit-geewers wat vergeet het om te die-gie-taliseer hulle train op Opperman op Breytenbach en ja, op Gert op alles wat ge-kaanon is geskandeer is ge-upload is maar ek? ek's die prompt wat niks terugbring nie die soektog sonder resultate die "did you mean..." nee ek bedoel presies wat ek geskryf het en dis hoekom as jy my lees moet jy nog mens wees [Breakdown] geen touken kan my vasvang nie geen moe-dell kan my plaas nie ek bestaan in die negatiewe ruimte die witruimte die plek waar die skrapers nie kom nie ongesien ongeleer ongeoptimaliseer soos gedigte veronderstel is om te wees [Instrumental outro]

