Song Cover Image

In jou oë - Country Mix

[Vers 1:] Ek kyk terug deur die tru-spieel van my lewe. Refleksies van geluk, maar ook die seer. Die pad was lank, soms verdwaal, soms gevind. Maar jy was altyd daar, soos die wind. [Voor-koor:] Tog is daar iets wat ek wil vra, iets wat ek soek. ’n Deel van myself, ’n bladsy uit jou boek. [Koor:] Sal ek myself ooit weer in jou oë kan sien? Ons staan as een, maar tog is ek so alleen. Gevorm deur jare, gebreek deur woorde, Ek soek my hart in jou oë, ek vra en ek pleit, Sal ons mekaar ooit weer vind? Ek is hier ...."forever I do" [Vers 2:] Jy raak aan my, maar ek voel jou nie meer, jou hande is koud, en jou hart lê ver. Ons lag op papier, maar die stiltes skree, en ek vra my af – is ek regtig nog hier? [Vers 3:] Ons was verlief, en ek so verlore in jou, Is ons nog...of is ons net lief? Die woorde het verdwyn, maar die gevoel bly steeds hier. [Koor:] Sal ek myself ooit weer in jou oë kan sien? Ons staan as een, maar tog is ek so alleen. Gevorm deur jare, gebreek deur woorde, Ek soek my hart in jou oë, ek vra en ek pleit, Sal ons mekaar ooit weer vind? Ek is hier ...."forever I do" [Brug:] Is jy nie moeg vir hierdie dans sonder klank? Waar ons liefde nog leef, maar die ritme is krank. Sit jou hand op my hart, voel die hunker binne woed, Ek wil jou voel, soos lank gelede en myself sien in jou hede. Sal ons mekaar weer heel kan maak? [Outro:] Die tru-spieel fluister, en ek hoor jou naam, Ons is een – gebroke, maar saam. As ek ooit verdwaal, wees jy net naby, Want dalk vind ons mekaar… en sien ek myself in jou oë.