(verse 1 - Male vocal only) -Mmm, O, ...My hart klop koedoes, buffels en jy -O, jy met jou hart gebind aan my. -jou liefde, 'n rivier wat meander deur my -en die kranse in jou hart roep terug na my -die kyk in jou oë die son wat in my bors af gly -Mmm, volg, die sterrehemel, dit is die padkaart na my hart (chorus - male and female vocals) -O...My hart klop... -koedoes, buffels en jy -die hunker na jou ritme, druis deur my -die hunker na jou ritme, druis deur my (verse 2 - male vocal only) -O...My hart klop, koedoes, buffels en jy -'n jakkals wat sy maat roep, en jy hier by my -in my oor fluister jy, jy's lief vir my -laatmiddag 'n kameelperd wat buig vir jou en my -en jy op jou tone, met jou arms, om my nek gevly - O, jou lag se dimpel, wat knipoog vir my -'n vuur met kooltjies wat knetter en klap -jou nag geluide my liefdes lied -vonkies wat strepies die lug in skiet. (chorus - male and female vocals) -O...My hart klop... -koedoes, buffels en jy -die hunker na jou ritme, O, druis deur my -die hunker na jou ritme, O, druis deur my (bridge - male vocal only) -'n tweespoorpad, en die ou groot kremetart -biltong in boekies gesny -ek my liefde met jou gedeel, op elke bladsy (chorus- male and female vocals) -O...My hart klop... -koedoes, buffels en jy -die hunker na jou ritme, O, druis deur my -die hunker na jou ritme, O, druis deur my (outro- male vocal only) -Mmm, Ooo, ...Afrika, -ek hoor jou roep na my -jou hart klop binne my -jy leef in my -Ooo, jy leef in my -Mmm, jy leef in my