[Afrikaans] [Intro][Wistle] [Vers 1] As ek saans met my maats om die kampvuur sit, kampvuur sit, klop my hart van puur genot. Dan’s ek bly, dan’s ek bly, soos ’n voël so vry, voël so vry, gans tevrede met my lot. Net die maan en sterre prag bo my, ai, wat kom ooit daarby? As ek saans met my maats om die kampvuur sit, kampvuur sit, klop my hart van puur genot! [Vers 2] 2. As die vleis, as die vleis op die kole braai, kole braai en sy wondergeur versprei; wonderskoon, wonderskoon, wonderreukwerk skoon, reukwerk skoon soos jy nêrens anders kry; en ons hef spontaan ’n liedjie aan uit sieledrang ontstaan; as die vleis, as die vleis op die kole braai, kole braai en sy wondergeur versprei. [Vers 3] As hy kook, as hy kook, as die ketel kook, ketel kook en sy deksel rinkink-dans; as die geur van die vleis en die koffie meng, koffie meng en die geure ons omkrans; dan’s dit tyd om sing en praat te staak; ’n blye sug te slaak; as hy kook, as hy kook, as die ketel kook, ketel kook en sy deksel rinkink-dans.