
ek het nie beplan om hier langs te ry nie die pad het my spontaan hierheen gebring ek sien die hek is nou groen, dit was altyd wit maar ek onthou nog elke liewe ding daar's 'n trampolien waar my rose was en 'n vreemde hond wat vir my kyk die gordyne is nuut, die boom is groter en niks van my is meer daar nie en ek ry stadig ek ry stadig verby ek ry verby 'n graf wat my eie naam dra hier het ek die meeste gelag hier het ek die hardste gehuil en ek stop nie ek gaan nie weer stop nie ek sweef ekstra stadig verby maar ek ry die woonkamer se venster gloei nog geel soos die aand toe hy gesê het hy bly soos die aand toe hy gesê het hy gaan albei aande het hier gewoon ek wou stop ek wou uitklim ek wou aan die deur klop en vra of die vreugde nog êrens in die mure sit saam met al die res wat ek daar gelos het hier het ek die meeste gelag hier het ek die hardste gehuil en ek stop nie ek gaan nie weer stop nie ek gee die huis 'n laaste kyk maar ek ry ek ry vir altyd verby dit was nog altyd net 'n huis dit was nog altyd net 'n huis (dit was nooit net 'n huis nie)

