
Koedoes, Buffels en Jy
O...My hart klop... koedoes, buffels en jy... die reuk van 'n hardekoolvuur met kooltjies wat knetter en klap. vonkies wat strepies die lug in skiet. jy hier langs my met 'n marshmallow vir my. O...My hart klop... koedoes, buffels en jy... 'n kameelperd wat vir ons by die watergat kom buig. jy op jou tone wat my soen met jou arms om my nek. O...my hart klop... koedoes, buffels en jy... die tweespoorpad en die ou groot kremetart. biltong in boekies gesny ek my liefde met jou gedeel op elke bladsy. O...my hart klop... koedoes, buffels en jy... O...my hart klop vir jou Afrika. die hunker na jou ritme druis deur my. koedoes, buffels en jy. met jou aan my sy met jou hier by my. O jy Afrika, jy leef in my.

