(nie hier nie) (nie hier nie) ek dryf deur die gange van 'n huis wat almal begeer my voete raak die vloer nie meer nie en die water styg so stadig dat niemand dit voel nie niemand voel nie hulle praat van môre asof môre nog gaan kom ek sien die plooie in die lig ek sien die bene onder die vel en ek sê niks ek sê niks meer nie (en dit is nie waar nie) (en dit is nie waar nie) ek is nie hier nie maar ek sien dit gebeur hoe alles stadig terug grond toe sak (terug grond toe sak) iewers speel 'n klavier 'n nota wat aanhou hang en ek wens ek kon dit ook nie sien nie ek wens ek was soos hulle warm en blind (warm en blind) (laat my vergeet) (laat my vergeet) hoe die mure (hoe die mure) asem ophou (en ek dryf) (en ek dryf) bo my eie lyf en die huis en die huis sak sonder my nie hier nie nie hier nie