O, dinge, dinge op die plaas het verander, verander, ten goede -dit het begin die dag toe ek vir jou die ring, bo op my blikkiebier, in 'n brief aan stuur -die dag het gekom, jy die woonstel in die stad verkoop tussen al die verkeer en lawaai -die swartpad gevolg het, tot by die stofpad en die plaas "klipbank" se afdraai -in jou tas het jy jou alles gepak, en dit en dat, met jou hart vol liefde wat brand soos vuur -jy het hier by my, en die hoenders op die werf, in die ou klipsteenhuis kom intrek -met die ou koolstoof-kombuis, leë kamers en 'n groot vertrek -nou met jou, hier by my, is daar niks wat ek meer kort, -my moed en die spens se rakke, het weer vol geword. -O, kyk my lief, die windpomp het weer begin draai en sy gesig, die wind in geswaai -hier het 'n nuwe lewe begin vir jou en my, met die kinders wat lag en baljaar op die wipplank en ou ketting swaai -en ek het die naam "Blikkies" gekies vir ons nuwe hond 'n Boerboel -en jou kat volg die son by die vensterbank en lê uitgestrek op elke stoel -hoor hoe Floors, die papegaai, my namaak en ook na jou roep saam klink ons 'n glasie rooiwyn op die stoep -O, kyk, in daardie donder wolk teken die weerlig prentjies, met strale deur die lug -hard val die reën met swaar druppels wat uit die hemel kom om die omgeploegde grond te seën -kom sit hier styf teen my, en gooi jou voete oor my been -O, dinge, dinge op die plaas het verander, verander ten goede