slaap daar buite loop ‘n skaap wat kou aan ‘n raap so jy moet nou lekker slaap slaap daar buite loop ‘n draak wat kindertjies bang maak so jy moet nou lekker slaap slaap Mamma is ‘n aap met vyf rye tande as sy gaap so slaap my kindjie slaap slaap Klaas Vakie het gestaak toe verander hy in die draak so slaap my kindjie slaap slaap moet net nie jou bed natmaak anders gaan Pappa die deur oopmaak en dan veander hy in die draak slaap maak jou ogies toe en gaap rus en tel ‘n skaap ja slaap my kindjie slaap