
ek kom van 'n plek waar die rivier deur die middel loop en almal weet van alles en niemand praat daaroor nie die bus het een keer per dag gekom en een keer per dag gegaan ons het hom dopgehou want dit was iets om te doen ek het eendag saamgegaan soos jy sal as jy jonk is en seker is weg is beter ek het 'n tyd lank gedink ek was reg die rivier bly loop dit hou net aan ek weet ek was daar verlede jaar in die stad ruik dit anders dit ruik na mense baie mense wat iewers anders vandaan kom en ook iewers anders wil wees ek het ingepas min of meer genoeg in elk geval maar mens kry 'n sekere ouderdom en begin droom van water oor klip net so terwyl jy die dag se planne maak die rivier bly loop dit hou net aan ek weet ek was daar verlede jaar die dorp is nie meer dieselfde nie die padtekens praat Engels my ou skool se naam het verander maar die rivier gee nie om nie dit het nooit omgegee nie die rivier bly loop dit hou net aan en ek skiem ek gaan ook maar die water wat ek as kind geken het is al in die see nuwe water kom al lyk dit dieselfde ek ook min of meer ek ook

