
Tussen die varkhok en die Vader Kom ek stadig al hoe nader Ek hoor die engele vergader Ek smag na nuwe water Ek is moeg vir al die peule Ek wil terug na prag en weelde Soek verbande vir my sere Sal my vader my vergewe? Ek sit een voet voor die ander Wil weer op die nou pad wandel Ek wil my lewe weer verander Al's my geloof klein en skrander Tussen al die modder en die pyn Laat al my morsigheid verdwyn Soos 'n kind kom ek weer klein Wil my lig weer laat verskyn Tussen die varkhok en my my vader Kom ek stadig al hoe nader Ek hoor van ver af sy stem En die hardklop wat my ken Kom seun, kom terug na jou huis Laat my toe om jou te wys Hoe ver en diep en breed en hoog My liefde is... jy's die appel van my oog

