Song Cover Image

Broers van die Stofpad

Broers van die Stofpad Luitenand Beukes sê daar sal nooit weer wees,’n Klomp soos ons Van Albert wat ’n dominee kon wees, Tot Kotze van die Weskus see se bries. Beroepsvisserman, maar broer in lyn, Ons was anders, maar ons was fyn, Met vier Ratels, ou ballies en ammo swaar, Sou ons Suid-Afrika reg trek binne ’n maand, dis waar. Van die Kaap tot by Beitbrug se rand, Net tyd kon keer, nie ’n vyand se hand… Ons was Bravo kompanie peloton twee, stof en vuur, Broers in die nag, lojaliteit so puur, Ons het geval, ons het opgestaan, Saam deur die hel, maar nooit alleen gegaan. En eendag sit ons weer by ’n vuur se lig, Praat oor wat was… en wat nog in ons lê dig. Beukes, jy’t ons lewens gedra, Nog voor matriek, sonder om te vra, De Brug, Wepener, Lohatla se sand, Jy’t drills in ons gebrand soos vuur in ’n hand. Veertien kilos met pale gesweet, Twee man dra, tot Een SAI se poort geweet, Sarge Ehlers se feeshuis nag, Peloton twee het weer kak gemaak… en ons moes betaal vir daai slag. Italie basis, wit sand onder voet, Eerste patrollie, jy lei ons soos ’n leier moet, Toe Buffels rol na Nkongo se veld, Spore gejaag waar die bos self vertel. Landmyn getrap, kontak by die kraal, Regs in box, moes vinnig herhaal, Smittie trek vir Jassie in ’n haak-en-steek en hardloop wild, Jassie vloek vir Smittie terug—maar dis oorlog se skild. Eenhana se Pumas lig ons hoog, Kaplyn stop ons, oë oop en droog… Ons was Bravo kompanie peloton twee, stof en vuur, Broers in die nag, lojaliteit so puur, Ons het geval, ons het opgestaan, Saam deur die hel, maar nooit alleen gegaan. En eendag sit ons weer by ’n vuur se lig, Praat oor wat was… en wat nog in ons lê dig. Ronnie vloek soos donderweer breek, Faasie staan nie wag —maar moenie hom wakker maak nie, McDonnell skree “Dutchman!” as hy kwaad raak, Gabby bid vir kontak, vir môre se taak. Albert hou ons koppe reg en klaar, Carse bly stil, maar hy’s altyd daar, RPG in sy hand soos ’n skerpskutter se oog, Eerste skoot tref—hy mis nooit, nooit droog. Chris, die gunner, stil en reg, Daai paaltjie vêr in die veld—hy slaan hom weg, 20 mil draai, een skoot, een kans, Net hy en Geena kon daai dans. Ons het ge-cheer, trots in die bors, Dis óns gunner—ons eie kragbron. Kallie word Ballie by die pyplyn dag, Blikkies vleis weg, toe kom hy met ’n lag, “Nja, nja, nja” met kos wat spat, En môre kom hy weer… “gee iets, my mat?” “Fokkof Ballie, ons het jou gewaarsku klaar!” Maar vandag nog leef daai naam…my Ballie, hy’s nog daar. Angola roep met ’n meeloper se pad, Versteekte myne en klere wat ons vat, Gunships wys—“dis net hier voor!”, Ons hardloop blind… maar kry niks spoor. Water min, son brand ons kaal, Smittie drink ’n drip—maar dit gaan deur almal. Een val neer, hitte slaan hom plat, Tony het niks oor—die drip was al wat hy gehad het. Daai aand by die sauna se dam, Ons duik almal in… maar weer in die kak Is ons gevang oor drills wat skeef loop, Maar dis hoe soldate leer… en hoop. Ons was Bravo kompanie peloton twee, stof en vuur, Broers in die nag, lojaliteit so puur, Ons het geval, ons het opgestaan, Saam deur die hel, maar nooit alleen gegaan. En eendag sit ons weer by ’n vuur se lig, Praat oor wat was… en wat nog in ons lê dig. Jassie, ons het soms terug gepraat, Maar respek was altyd in elke daad, Dreyer het bome getref met ’n slag, Ons vloek, hy vloek terug—dis hoe ons lag. Smittie, jy sê jy kom nie alleen, Want sonder ons is daar niks om te meen, Kaart speel in tente op 61 se nag, Ons het saam gelag… en saam baklei vir krag. Leitenand Beukes, streng maar reg, Hy’t ons gebou, elke fout reg of sleg, Stuart Carney voor in die lyn, Span op “Fire”—altyd gereed om te skyn. Van mortiere wat bome laat breek, Tot verkenners wat uit formasies steek, Ons het geleer… die klein goed tel, Dis wat oorleef in oorlog se hel. 150 vyande, ons lê en wag, Koue kos, geen vuur, net nag na nag, Radio sê bly—al voel dit verkeerd, Dis waar soldate gebreek word … en geleer. Ons is Bravo kompanie peloton twee—vir altyd een, Deur bloed en stof… nooit alleen, ’n Diverse klomp, maar een hart gesmee, Broers wat vir mekaar deur vuur sal tree. En eendag, ja eendag by vuur se lig, Sal ons lag oor pyn… en kyk terug met gesig, Want Hannes… jy het ons huis toe gebring, Na liefde, na lewe… na alles wat sin bring. Lekker slaap, julle fokkers… rus sag vanaand, Die oorlog’s verby… maar die band bly bestaan