Song Cover Image

Mag ek dan nie sing nie?

mense wys die vinger omdat ek nie meer glo soos vroeër nie in genade wat aanhou of in goue strate daar bo nie ek staan veroordeel my naam geskryf in fariseër boekke en mense waarsku teen my luidkeels op die hoeke daar kom die een die man wat terug gegly het! die een wat spykers ingeslaan het en God se sy gesny het! daar staan die een nat gereën met bloed en water en die tyd stap aan vir hom al hoe korter... al hoe later!' Gelowiges gooi die stene hulle vervloek my en hul skinder 'daar is die melaatse steek weg jou vrou en kinders! sy twyfel is aansteeklik moenie luister na sy stories!' en al slaan ek op my bors niemand wil of kan dit hoor nie mag ek dan nie sing nie oor my soeke en my seer? as ek sukkel om te glo aan die man wat loop op die meer? hoe kan ek glo sonder om te leuens te vertel? as en twyfel en as ek bang is vir die skaapwagter se stok? 'n sekere geloof sê hulle, moet ek bely maar ek bly maar 'n Thomas wat die merk soek aan Sy sy om 'reg' te glo in _jou_ dogma van hoe dit werk daar bo om te pas in _jou_ kerk-kassie en op _jou_ manier te glo? God, wees my genadig ek is net wie ek is ek het net 'n halwe broodjie en die ruggraat van 'n vis eK weet dis dalk nie genoeg nie vir 'n wonderwerk en ek weet dit stem dalk nie saam nie met die regte leering van die kerk ek ken nie die regte woorde en my twyfel's 'n harde kors maar tog hoop ek diep binne U hoor my As ek snik... terwyl ek slaan hier op my bors