Die son ontwaak, strek oor die horison Voel die vars lug, dit omhels jou Laat gaan van als wat jou vashou En vlieg! Vasgevang in die dag se gewoel Die geraas, gejaag, die koue gevoel Die stryd van jou bestaan Soms wil jy net ver heen gaan Maak toe jou oë, luister na die stem binne jou 'N fluister wat kom en jou in liefde omvou Iets veel groters as jou vrees, as ek, as jy Lig jou op, gee jou vlerke en maak jou vry Vind die vrede, dis diep binne jou Herstel jou siel, die tyd is nou Voel die lug en sien die sonskyn En kyk hoe die donkerte verdwyn Maak toe jou oë, luister na die stem binne jou 'N fluister wat kom en jou in liefde omvou Iets veel groters as jou vrees, as ek, as jy Lig jou op, gee jou vlerke en maak jou vry Maak toe jou oë, luister na die stem binne jou 'N fluister wat kom en jou in liefde omvou Iets veel groters as jou vrees, as ek, as jy Lig jou op, gee jou vlerke en maak jou vry


