
Op sestien Junie staan ek stil, by grafte klein en kil. Waar name in die wind en stof verdwyn, maar pyn nog nie weg kwyn. --- Nie net ’n dag van jeug en vlag, van skole, lied en mag. Maar ook ’n dag van trane oud, wat deur die jare kom en koud --- In negentienhonderd, Junie maand, het Roberts hard verklaar een aand: “Brand elke plaas, breek elke hart, vat alles wat daar was en los net smart.” --- Die huise het in vlamme gestaan, die lande swart en kaal verslaan. Die vee is weg, die skure leeg, die wind het in n rou verhaal beweeg --- Kitchener se ysterhand het oor die veld gegaan en brand Met vuur en rook en stof en smart, het niks onaangeraak bestaan en hard --- Die vrouens, kinders, oues ook, is uit hul grond geruk en spook Na kampe toe, agter draad, waar hoop en honger druk sonder raad. --- Op treintrokke, in koue wind, op waens deur die reën met n kind. Klein handjies vas aan moeders jas, met moegheid in hul been word geen hulp verleen --- Die tente dun, die water vuil, die kos te min, mense huil. Geen seep, geen hout, geen warm kombers, net koud geen menswaardige reg...alles versleg --- Daar was nie vars groente nie. Daar was nie brood vir n gedoente nie. Net koors en hoes en kinderlyfies moeg wat stil word teen die wroeg. --- Elke dag het klokke geslaan, vir vrou en kind se naam. Gemiddeld sterf daar dag na dag, en niemand dra die naam van skaam --- Vier-en-twintigduisend kinders, drome nooit geleef. Klein skoentjies langs ’n tent se kant, waar moeders nog vergeef. --- Meer as dertigduisend siele verlore, in wit kampe weggegaan nie beskore. --- Want smart het net een ding geleer, en dood vra nie jou weer n keer. Elke moeder ken die pyn van ’n kind wat stil verdwaal en kwyn --- Die Britse Parlement het gehoor, selfs hulle het verstaan dis goor. --- Maar Milner wou die kinders breek, met Engels in hul mond versteek. Selfs speletjies en liedjies daar moes weg van eie grond so waar. --- Maar boet... jy kan ’n huis afbrand. Jy kan ’n plaas verwoes tot sand. Jy kan die vee laat val in stof, en alles van mense stroop met lof --- Maar jy kan nie maklik kry wat diep in harte bly. Die geloof van mense op hul knieë, wat deur die as nog stry na weë --- Na oorlog kom hul huis toe terug, na skoorsteen, klip en graf sonder vlug Geen dak, geen deur, geen oes, geen vee, net stilte as hul straf ver geleë --- Twee republieke platgetrap, die wapens neergelê en slap Armoede in elke hand, maar nog gebed gesê vir die land. --- Weeskinders by die hordes, gesinne oopgeskeur gelos in sorges. Moeders het oud voor hul tyd geword, met rou op n groot klip bord. --- TC Pienaar het geskryf, die volk was donker, moeg verdryf Geen straal van hoop was oor, geen hand wat maklik ploeg kon hoor. --- Maar in die as van wonings oud, het vuur nog sag gebrand soos sout. En in die hart van hierdie volk, het hoop nog vasgestaan soos n dolk. --- Die yster-generasie kom, met eelte, geloof en moed wat blom Hulle bou uit niks weer huis, met trane, sweet en bloed wat druis --- Nie omdat pyn verdwyn het nie. Maar omdat mense nie weg gekwyn het nie, --- Hulle het weer saad gesaai, waar swart gebrande lande lê verraai. Hulle het weer kinders grootgemaak, en weer vir God geraak: --- “Ons is geknak, maar nie vergaan. Ons is gebreek, maar staan nog saam. Ons het verloor, maar nie vergeet. Die as is koud... maar binne smeul wat ons weet.” --- So vandag lê ek ’n blommetjie neer, by elke naamloos kind in eer By elke ma wat nooit kon groet, by elke graf in wind en roet. --- Ons onthou die vrouens daar. Ons onthou die kinders waar. Ons onthou die kampe stil, die honger en die pyn wat gil. --- Ons onthou ook hulle moed, die geloof wat nooit wou val of groet Die mense wat uit as opstaan, al was daar niks meer oor verslaan. --- Want ’n volk se krag lê nie net in oorlog, perd of geweer. Soms lê dit in ’n moederhart se seer wat fluister: “Here, nog een keer.” --- Laat niemand ooit die grafte vergeet. Laat niemand die kinders verloor oor leed. Laat niemand sê dit was maar tyd, of net ’n storie van voor n stryd. --- Want wie sy dooies nie onthou, verloor sy pad en naam en trou En wie uit as weer kan staan, dra ’n vuur wat nooit vergaan. --- Die huise het gebrand, maar die geloof het sy band. Die lande was kaal, maar die hoop het nooit gefaal. --- En tussen grafte, wind en gras, waar geskiedenis stadig speel so vars, hoor ek nog die ou stem sê: “Boet... die as... hy smeul nog steeds.” hou net vas

