Song Cover Image

Staan stil en kyk v.2

staan stil en kyk hoe jy in jou binne lyk vang gedagtes wat jou gees jou siel jou hart jou mens wil wees wat wil oorvloed die stilheid van God die stem van vrede wat kan laat bot in jou binne-hart van wie jy is die gedink van gedagtis wat kyk wat daglig donker wil laat lyk die vloek wat jou gisters wil gedenk wat gees en hart en siel verkrenk wat waarheid steel en vrede vreet wat soos siekte als op wil neuk die dood gedagtes wat rondswem wat aanhoudend jou gedink verklem staan stil en kyk en jy sal sien dat díe gedagtes jou nie dien staan stil en kyk dat jy kan hoor die stem van God se engelkoor staan stil en kyk dat jy kan smaak hoe Gods-vrede jou kan raak staan stil en kyk dat jy kan voel wat God met kruisig-Seun bedoel staan stil en kyk jou gees nou opgelig jou lewe 'n gedig jy kan straal deel van God se gesig staan stil en kyk