
Ek Onthou
Ek sit vanaand hier met 'n koppie koffie... en wonder... of kinders vandag ooit sal verstaan. Ons het nie internet gehad, net n visnet, n keep net of tennis raket Ons het nie TikTok gehad met mense wat gil...net bok bok staan stil Ons het nie Xbox gehad...net karton boks as maat Geen Playstation...net n Polisie of trein station Maar op een of ander manier... het ons meer avonture gehad as wat ons ooit kon vier --- Ons het draadkarre gebou uit ou heiningdraad wat hou. Dan jaag ons teen die bult af...jou tjommie val hom nerf af so vinnig dat die hond blaf Geen helms. Geen tekens van skelms. Geen ouer beheer Net geloof...eer en baie seer. --- Ons het kites gemaak uit koerantpapier en gom. En as daai ding uiteindelik vlieg staan almal verstom want ons was trots soos manne in ons fort van rots --- Ons het albaster gespeel En sommer jou pal se sokkie geleen. Brandbal gespeel tot iemand begin houe uitdeel. Klei lat dat die modder spat Moerbeie maak pers...vra jou ma sy ken daai vers En hasie hasie tot niemand meer wou oor n blasie --- Ons het bome geklim sonder harnasse. Ons het in damme geswem kaalbasse Ons het op fietse gery en om draaie gegly tot die straatligte aankom anders gaan jou alie blom En as Ma geroep het... het die hele buurt geweet dis huis toe tyd of jy kan van die naweek vergeet. --- Ons het nie foto's geneem elke oomblik was n seën. Ons het die oomblikke geleef. Ons het nie followers gehad om te oorleef Ons het vriende gehad. Regte vriende. Die soort wat by jou huis opdaag sonder enige vraag --- Ons knieë was vol skrape. Ons hande vol blase. Ons klere vol stof. Maar ons harte... was vol lewe en rof. --- Vandag sit baie van ons grys. Met kinders. Met kleinkinders. Met stories wat niemand meer glo. Maar ons onthou die dae van vroeë. Ons onthou die gelag. Die stofpaaie loop dag vir dag Die sonsondergange...na daai meisie in jou klas met groot verlange Die dae toe verbeelding meer werd was as n speelding. --- En dalk... net dalk... was ons nie arm nie. Miskien was ons ryker as die bure met n koppie suiker Want ons het iets gehad wat nie gekoop kon word. Nie afgelaai kon word. Nie gestream kon word. --- Ons het die lewe gehad. Ons was gesort. En vir 'n klein rukkie... het dit gevoel die wêreld gee ons n drukkie

