Song Cover Image

Vuur en Vlamme (Fado)

V6

(intro) -Daar's 'n plek, wat net ek van weet. -Waar jy kan kom sit en van als vergeet. -Langs my vuur wat geheime opvreet. -Vat my hand uitgesteek na jou, -Ek wil dat jy, dit ook aanskou -Vlamme gekleë in geel en blou. -Vlamme wat dansend, verlang na jou. (chorus) -Ek wil die spook in jou gedagtes vir jou veg. -Saam met jou en die vlamme nuwe drome vleg. -Sit nader aan die liefde wat brand in my. -Ek jou uit die kasteel van alleen bevry. (verse1) -Is jou hart vol koud, kom sit by my. -Warm jou drome in die gloeiende kole. -My liefde brand sonder grense. -Ek en jy, die vuur en beste wense. -Keer die rook met uitgesteekte hande. -Kyk in my oë, sien my verlange -My liefde, is die offerande. -Vonke strepies die melkweg in skiet. -Dis my hart wat ek vir jou aanbied. (chorus) -Ek wil die spook in jou gedagtes vir jou veg. -Met jou en die vlamme nuwe drome vleg. -Sit nader aan die liefde wat brand in my. -Ek jou uit die kasteel van alleen bevry. (verse2) -Is jou hart vol koud, kom sit by my. -Gee vir my jou lief, en leed. -Ek wil meer en meer van jou weet. -Die strepies in die palm van jou hand, een vir een ontleed. -Fluister jou stil woorde vir die knetterende vuur, -Gee jou wense vir die rook -om dit die nag in te stuur. -Jou sorge vir die skadu's wat in die donkertes dans. -Leun jou kop teen my bors en gee vir my jou angs. (Bridge) -Tussen sterre het ek jou naam geskryf. -langs die vuur, lyf teen lyf die koud uit gedryf -O, jy my lief jy brand warm in my. -Ek wil saam met jou deur die lewe ry. (chorus) -Ek wil die spook in jou gedagtes vir jou veg. -Met jou en die vlamme nuwe drome vleg. -Sit nader aan die liefde wat brand in my. -Ek jou uit die kasteel van alleen bevry. (outro) -By my is waar jy nou bly, twee harte het mekaar gekry. -Hoog staan die vlamme, wat ons liefde meet. -In die as, lê begrawe wat gister was. -Liefde maak more se legkaart pas. -O, die liefde maak more se legkaart pas.