
[Afrikaans] [Intro] [Vers 10 Kom dans Klaradyn, kom en dans weer met my, Op maat van die aandwind wat wieg oor die wei. Die blomme hul nooi ons, die feesmaal is klaar, Die sterretjies blink al, die maan is al daar. [Choir] Kom dans Klaradyn, kom dans Klaradyn, Kom en dans weer met my, weer met my, Op maat van die aandwind wat wieg oor die wei, Op maat van die aandwind wat wieg oor die wei. [Vers 2] Vertel Klaradyn, kom vertel my dat jy, Die koninginbruid van my hart ook gaan bly. As blomme verwelk en die weelde vergaan, As sterre verbleek en verduister die maan. [Choir] Kom dans Klaradyn, kom dans Klaradyn, Kom en dans weer met my, weer met my, Op maat van die aandwind wat wieg oor die wei, Op maat van die aandwind wat wieg oor die wei. [Vers 3] Vertel Klaradyn, vertel Klaradyn, Kom vertel my, dat jy my, dat jy, Die koninginbruid van my hart ook gaan bly. Die koninginbruid van my hart ook gaan bly. [Choir] Kom dans Klaradyn, kom dans Klaradyn, Kom en dans weer met my, weer met my, Op maat van die aandwind wat wieg oor die wei, Op maat van die aandwind wat wieg oor die wei.

