
Bertus sit en bid op die kamp terrein “Here, my behoefte is groot en my geloof is klein Ek soek ‘n nooientjie, maar sy het ‘n ou” Maar ék’s die een wat van haar hou Ooh-hoo, dis die Bertus blues Pas getroud dis ‘n lekker lewe Dit gaan so lekker daar kom sommer sewe Ses klein dogtertjies en ‘n seuntjie Gladnie te sleg vir ‘n dominees nie Ooh-hoo, dis die Bertus blues Abrie was die oudste met ‘n teologiese graad Juwilna was tweede en ‘n charismaat Franita was derde, sy was die liefste Christine was vierde, sy was die diepste Alrisa was vyfde, sy was die taaiste Stefnie was sesde, sy was die niceste Liesie die jongste, het ‘n vliegtuig Maria was laaste, maar sy’t net gestofsuig Wag… 1 2 3 4 5 6 7 …8! Korreksie: Maria was net die bediende Ooh-hoo, dis die Bertus blues Ouma besluit toe sy verruil die stofsuier Sy wen ‘n vlugkaartjie en word ‘n toerleier Sy toer die wêreld land en sand En verloor toe haar hart in Switserland Vir meer as twintig jaar lei sy die toere Saam met oues en rykes en lawwes en stoeres ‘n Ystervrou, vreesloos, min gepla En haar man moes gedweë agterna Ooh-hoo, dis die Bertus blues Ja, Ouma en Oupa sit op die stoep Oupa gee ‘n harde roep Ouma vra “Skat wat makeer?” Oupa sê”Jy gaan toer alweer!” Ooh-hoo, dis die Bertus blues Ooh-hoo, dis die Bertus blues Ooh-hoo, dis die Bertus blues Ooh-hoo, dis die Bertus blues

