Song Cover Image

Genoeg is genoeg

Wel die oumense het gepraat Dit het gegool op die plaas Geremoer en geraas, o ja, o ja Die oumense het vertel Van oorlede Neef Nel Wat gekom het uit die hel, o ja, o ja Hier kom die duiwel deur die mielieland aan Hy jaag sy dissiepels dat die stof so staan Drie tarentale en 'n halfskaarploeg Te vêr is te ver een genoeg is genoeg Die oumense het gepyns Dit was duidelik iets onreins Die portret trek weer skuins, o ja, o ja Die oumense het beloof Lê af hul bygeloof Haal die hond uit die stoof (arme hond), o ja, o ja Daar kom toe 'n ouderling De Ploeg Gekom vir twee pampoenne en huisbesoek Toe hy hoor van die ding wat sy sielle so vloek Sê hy: Te ver is te ver en genoeg is genoeg! Die oumense het gebid Het met die Woord oop gesit Toe skrik die duiwel hom wit, o ja, o ia Die oumense het besluit Die duiwel moet uit Het Jesus bloed gepleit, o ja, o ja Daar hol die duiwel deur die mielieland weg Hy huil soos ‘n hond en hy lyk maar sleg Wou met God se kinders moeilikheid soek Maar te ver is te ver en genoeg is genoeg! Auw-auw-auw-auw-auw-auw-auw! Auw-auw-auw-auw-auw-auw-auw! Auw-auw-auw-auw-auw-auw-auw! Auw-auw-auw-auw-auw-auw-auw!