Song Cover Image

Die wysers van verlore tyd

Minder Is Meer (Die Reis Na Môre) (Vers 1) Daar is dae wat die lewe jou dwing Om twee keer aan dieselfde vuur te vat Wanneer die kort afstand reis soos 'n struikelblok klink En die planne gedurig verander op jou pad. Jy staan en jy wonder, verstaan glad nie hoekom Die kortpad se reëlings jou heeltyd verstom. Dit skuif na vanaand, dit skuif na ontbyt... En jy baklei met die wysers van verlore tyd. (Koor) Maar jy aanvaar dit net een keer, en jy kies om te glo Dat die vrede sal val van iewers daar bo. Wat se ek altyd " minder is meer As dit jou siel verryk en die onrus weg kyk optel en aftrek weg gepak in jou stap Net die ritme van genade wat jou ligter laat trap. (Vers 2) Die sak is gepak en die vlug is geboek Maar weereens 'n draai wat aan die planne kom krap Hoekom moet iets soos ... asem moeite verg? Hoekom word diepste vlaktes die hoogste berg? dan haal jy weer asem, sonder om te tel . En laat manne die planne van more bel. (Brug) En dan breek die môre, die son gooi sy lig. Skielik val elke liewe deeltjie in sig! Wat voel soos vertraging, was 'n geseende plan Want nou wen jy tyd, soos net die lewe dit kan. Die deure swaai oop en die paaie loop skoon Die geduld van die wag het homself kom beloon. (Koor) Want jy aanvaar dit net een keer, en jy kies om te glo Dat die vrede sal val van iewers daar bo. Want die realiteit is, minder is meer As dit jou siel verryk en die onrus kom keer. Geen optel en aftrek meer in jou stap Net die ritme van genade wat jou ligter laat trap. (Outro) Die kortpad het gedraai... Maar môre was die gids. Alles val in plek... in 'n oomblik, in 'n flits. Ek wen my tyd terug. Sonder optel. Sonder aftrek. Ek stap ligter vorentoe... En ek bly glo.